Dit Borrel In My
Dit borrel in my want ek is so bly,
Jesus het my lief.
Vir my’t Hy gesterf en gered van verderf
Ja, Jesus het my lief.
Dit borrel in my want ek is so bly,
Jesus maak my lewe vry.
Hy neem weg my sondeskuld,
dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel,
dit borrel, dit borrel in my, in my.
Dit borrel, dit borrel, dit borrel, dit borrel,
dit borrel, dit borrel in my.
Kom Loof Die Heer
Kom loof die Here, alle knegte van die Heer
Wat snags in die huis, van die Here staan
Hef op julle hande, na die Heiligdom
en loof die Heer, en loof die Heer
Die Christus het, deur Sy eie bloed
In heerlikheid, na God gegaan
En so die weg, vir ons gebaan
Dat ons ook nou, na God kan gaan
Bid altyd deur in die Heilige Gees
Dat ons aan Hom, getrou mag wees
Laat wees die hart, God’s heiligdom
Bly bid en waak, totdat Hy kom
Kom loof die Here, alle knegte van die Heer
Wat snags in die huis, van die Here staan
Hef op julle hande, na die Heiligdom
en loof die Heer, en loof die Heer
Die Here is my herder
Die Here is my herder
Niks sal my ontbreek nie
Hy laat my neerlê
In groen weivelde
Na waters waar rus is
Lei hy my heen
Na waters waar rus is
Lei hy my heen
Baie diep haal Hy my uit
Baie diep haal Hy my uit
Hy plant my voete op ‘n stewige rots,
Baie diep haal hy my uit
Al gaan ek in ‘n doodsdal,
ek sal geen onheil vrees nie,
Want U is met my,
Ja U vertroos my.
U salf my hoof met olie,
my beker loop oor,
U salf my met olie,
my beker loop oor
Baie diep haal Hy my uit
Baie diep haal Hy my uit
Hy plant my voete op ‘n stewige rots,
Baie diep haal hy my uit
Die liefde van Jesus is wonderbaar
Die liefde van Jesus is wonderbaar, wonderbaar, wonderbaar
Die liefde van Jesus is wonderbaar, wonderbaar vir my
Kom ons verheerlik Sy naam, kom ons verheerlik Sy naam
Die mense verander maar Jesus nooit, Kom ons verheerlik Sy naam
Dat Hy my so lief het is wonderbaar, wonderbaar, wonderbaar
Dat Hy my so lief het is wonderbaar, wonderbaar vir my

Dat Hy my nou uit stuur is wonderbaar, wonderbaar, wonderbaar
Dat Hy my nou uit stuur is wonderbaar, wonderbaar vir my